...
 
Hierdie webwerf word goedgunstiglik geborg deur Hinterland Klerksdorp

 
Ons sÍ ook baie dankie aan die onderstaande borge wat hierdie Simposium moontlik maak.

 
 
 
Die Hoofleiersimposium was sedert 1998 Ďn voorsetting van die ou Transvaalse Hoofleiersimposium wat deur die Onderwys Departement (TOD) gereŽl en georganiseer was.

Druk uit verskeie oorde het tot gevolg gehad dat die Simposium vanaf 2000 onder die beskerming van die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniging) aangebied is.

Aanvanklik was dit slegs vir skole in die Noordwes Provinsie.

Sedert 2017 ondersteun die FAK hierdie inisiatief ten volle deur alle Afrikaanse en Dubbelmedium skole in Noordwes, Limpopo, Gauteng en die Noord Vrystaat te organiseer . Alhoewel die aanbieding in Afrikaans is, is dubbelmedium skole se Engelse leerlinge ook welkom, want ons vertrou hulle verstaan Afrikaans.

Ons is dus die grootste Provinsiale inisiatief wat ten doel het om Leierontwikkeling in genoemde Provinsies te ondersteun en uit te bou, asook groepskohesie tussen naburige skole daar te stel.

Dit is Ďn netwerk geleentheid waar leiers van mekaar leer en bande smee vir verdere samewerking en skakeling. Ons is dankbaar vir die ongelooflike ondersteuning en vertrou dat ons in die toekoms van krag tot krag sal groei.

Our Symposium is conducted in Afrikaans, is Multicultural and includes all previous model C schools, a number of private schools and six English medium High Schools.


Alle fotoís wat jaarliks op hierdie Simposium geneem word kan op die webwerf besigtig en afgelaai word.
 

REGISTRASIE KAN OOK OP DIE WEBWERF GEDOEN WORD!

 
 
 
 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com